Jood

Article in other languages:

Die woord Jood (van Hebreeus: יהודי: jehudi meervoud jehudim) word op verskillende maniere gebruik, maar verwys mees algemeen na 'n navolger van die Joodse geloof, 'n kind van 'n Joodse moeder, of 'n lid van die Joodse kultuur of etnisiteit en gereeld 'n kombinasie van hierdie kenmerke. Hierdie artikel bespreek die etniese groep; vir 'n oorweging van die geloof, kyk gerus na Judaïsme.

Die meeste Jode beskou hulleself as 'n volk, lede van 'n nasie, en die voorvaders van Joodse nasionale identiteit word deurgetrek vanaf die Bybelse patriarg Abraham (Avraham), sy seun Isak en veral Jakob (Ja'akov), Isak (Jitshak) se seun, asook deur die persone wat mettertyd by hulle aangesluit het as bekeerdes (sien ook Israeliete). Die term Jood ("Jahudi") se oorsprong begin by die verdeling van die Koninkryk van Israel (Jisra'el) in die noordelike Koninkryk van Israel en die suidelike Koninkryk van Juda (Jahuda). Daarom is die Israeliete (wat later deur die Assiriërs verwoes is) afkomstig vanuit die noordelike koninkryk, en die Jode (Jahudim) - wat oorleef het - van die suidelike koninkryk. Algaande het die woord Jood begin verwys na dié van die Joodse geloof eerder as dié wat van Juda afkomstig is. Etniese Jode sluit sogenaamde "gelowige Jahudim" (die wat Judaïsme beoefen) asook "sekulêre Jahudim" (dié wat nie Judaïsme as 'n geloof beoefen nie), maar nog steeds hulleself as Jode in 'n kulturele of etniese sin identifiseer) in.

Commons:Category
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Questions for article: joodse kultuur, kenmerke van judaisme, يهود

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.


IHS Europe: Infrared Heating Systems for Home and Business.