Luanda

Article in other languages:

Luanda
LuandaJuin2005-1-br.jpg

Kaart Vlag
AO-Luanda.png
Flag of None.svg
Wapen
Coats of arms of None.svg
 Land Vlag van Angola Angola
 Provinsie Luanda
 Koördinate 08°50′S 13°15′O
 Gestig op 1575
 Oppervlakte:  
 - Totaal 2 418 vk km
 Hoogte bo seevlak 6 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2007) 4 799 432
 - Bevolkingsdigtheid 1 985/vk km
 - Metropolitaanse gebied
 Tydsone UTC +1
 Burgemeester

Luanda (vroeër Loanda) is die hoofstad en grootste stad van Angola (Suidwes-Afrika) en die gelyknamige Angolese provinsie met sowat drie miljoen inwoners (2005). Die stad, wat aan die Atlantiese Oseaan lê, is ook die land se belangrikste hawe.

Demografie

Die bevolking van Luanda is oorwegend van Swart-Afrikaanse afkoms, met die Ovimbundu, Kimbundu en Bakongo as die belangrikste stamme. Daar is 'n baie klein minderheid van Europeërs. Die amptelike en ook mees gesproke taal is Portugees, alhoewel die bevolking ook 'n aantal inheemse tale praat.

Geskiedenis

Die stad is in die jaar 1575 onder die naam São Paulo de Luanda deur Portugese gestig en dien (met die uitsondering van die tydperk tussen 1640 en 1648) sedert 1627 as die administratiewe sentrum van die kolonie Angola. Daarbenewens is Luanda vanaf die jaar 1550 tot by omtrent 1850 'n belangrike sentrum vir die slawehandel, met Brasilië as die hoofbestemming.

Die groot meerderheid van die Portugese bevolking vlug na die onafhanklikheidswording van die land in 1975 uit die stad. Hulle is deur groot getalle Kubane vervang, wat meestal as soldate na Angola gekom het.

Questions for article: angola africa luanda, angola africa luanda portuguese, atlantico azul imbondex, bahia de luanda, 罗安达(luanda), Фото Луанда, flights from luanda angola to freetown sierra leone, flights from luanda to nairobi, fortaleza são pedro angola, historias imbondex comercio geral, imagens de luanda antigamente

This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.


IHS Europe: Infrared Heating Systems for Home and Business.