|
Article in other languages:
|
Prins Philip, die Hertog van Edinburg (gebore as prins Philippos van Griekeland en Denemarke op 10 Junie 1921 (Gregoriaanse kalender; 28 Mei 1921 volgens die Juliaanse kalender wat toe in Griekeland gebruik is) [1] is die man van koningin Elizabeth II sedert 20 November 1947, en haar prins-gemaal sedert 6 Februarie 1952. Hy was oorspronklik ’n prins van Griekeland en Denemarke en dus lid van die Deens-Duitse Huis van Schleswig-Holstein-Sonderburg-Glücksburg, maar het kort voor sy troue afstand van dié titels gedoen en die van van sy grootouers aan moederskant aangeneem en so lt. Philip Mountbatten geword. Met sy troue het hy die titels Hertog van Edinburg, Graaf van Merioneth en baron Greenwich gekry. In 1957 het koningin Elizabeth Philip ’n Prins van die Verenigde Koninkryk gemaak. As gemaal van die Britse koningin is prins Philip voortdurend in die openbare oog. Vanweë sekere uitlatings het hy die reputasie gekry dat hy omstrede opmerkings maak. Benewens sy koninklike pligte is hy ook die beskermheer van verskeie organisasies soos die The Duke of Edinburgh's Award en die Universiteite van Cambridge en Edinburg. Hy is ook bekend vir sy pogings om die publiek bewus te maak van die verhouding tussen die mens en die omgewing. Hy skryf en praat al langer as vyftig jaar oor dié onderwerp.
Vroeë lewePrins Philip is op 10 Junie 1921 in die Villa Mon Repos op die eiland Corfu gebore as die oudste seun en vyfde kind van prins Andrew van Griekeland en Denemarke en prinses Alice van Battenberg. [2] Kort ná Philip se geboorte is sy oupa aan moederskant, prins Louis van Battenberg in Londen oorlede. Louis het Britse burgerskap aanvaar en ’n lang, voortreflike loopbaan in die koninklike vloot gehad. Hy het afstand van sy Duitse titels gedoen en die familie se van verander van Battenberg na Mountbatten. Op 22 September 1922 is Philip se oom, koning Konstantyn I van Griekeland gedwing om te abdikeer en prins Andrew is deur die militêre regering gearresteer. ’n Rewolusionêre hof het hom in Desember uit Griekeland verban.[3] Hy en sy gesin is na Frankryk, waar hulle hulle in die Paryse voorstad Saint-Cloud gevestig het.[4] Philip het sy skoolloopbaan in Frankryk begin. In 1928 is hy onder toesig van sy oom Louis Mountbatten na Brittanje gestuur, waar hy die Cheam-skool bygewoon het. Hy het in dié tyd in die Kensington-paleis by sy ouma, prinses Victoria van Hesse en by Ryn, gewoon en by sy ander oom, George Mountbatten, die Markies van Milford Haven.[5] In die volgende drie jaar is sy susters met Duitse edelmanne getroud, sy ma is in ’n gestig geplaas nadat sy met skisofrenie gediagnoseer is[6] en sy pa het na Monte Carlo getrek. Philip het vir die res van sy kinderjare min kontak met sy ma gehad.[7] In 1933 is hy na die goedkoper Schule Schloss Salem in Duitsland gestuur wat aan een van sy swaers, Berthold, die Markgraaf van Baden, behoort het. Ná twee kwartale is hy Gordonstoun toe gestuur.[8] In 1937 is sy suster, prinses Cecilie van Griekeland en Denemarke, haar man, twee jong seuns en skoonma in ’n vliegongeluk by Ostend oorlede. Philip was toe sestien. Die volgende jaar is sy oom en en voog, George Mountbatten, dood aan beenkanker. VlootdiensNá skool het prins Philip by die koninklike vloot aangesluit en die volgende jaar as top-kadet van sy kursus gegradueer. [9] In Januarie 1940 het hy die rang adelbors gekry. Hy het op verskeie skepe diens gedoen en die Griekse Oorlogskruis vir Dapperheid gekry. Prins Philip is tot onderluitenant bevorder na ’n reeks kursusse en op 16 Julie 1942 tot luitenant. In Oktober dié jaar, op 21-jarige ouderdom, het hy eerste luitenant van die HMS Wallace geword – een van die jongste eerste luitenante in die koninklike vloot. In 1944 is hy oorgeplaas na die torpedojaer HMS Whelp. [10][11] In Januarie 1946 het hy instrukteur geword aan HMS Royal Arthur, die inrigting vir onderoffisiere in Corsham, Wiltshire.[12] Huwelik
Prins Philip en koningin Elizabeth.
In 1939 het prins Philip prinses Elizabeth, dogter van koning George VI, ontmoet. Philip was haar agterkleinneef deur koningin Victoria en ook die kleinneef van haar pa deur Christian IX van Denemarke. Hulle het verlief geraak en in die somer van 1946 het prins Philip die koning om sy dogter se hand gevra. Louis Mountbatten het aanbeveel dat Philip afstand doen van sy Griekse en Deense titels, van die Oosters-Ortodokse Kerk oorgaan na die Anglikaanse Kerk en ’n Britse burger word. Philip en Elizabeth is op 20 November 1947 in die Westminster-abdy getroud en het in Clarence House gaan woon. Ná hul wittebrood het Philip sy vlootloopbaan hervat. Hul eerste twee kinders is in 1948 en 1950 gebore: Charles en Anne. In Januarie 1952 het Philip en Elizabeth lande van die Statebond besoek. Op 6 Februarie, terwyl hulle in Kenia was, is Elizabeth se pa dood en het sy koningin geword. As die prins-gemaal moet Philip sy vrou help met haar koninklike pligte, haar vergesel na seremonies soos die opening van die parlement, na staatsdinees en op oorsese reise. Om dit te kan doen het hy uit die vloot bedank.[13] In 1960 en 1964 is hul jongste twee kinders, Andrew en Edward, gebore. Prins Philip het meer as 300 afsprake per jaar, meer as enige lid van die koningsgesin behalwe sy dogter, prinses Anne. [14] In Oktober 2007 is onthul dat hy sedert 1992 ’n hartsiekte het; sy lyfwagte is opgelei om mediese hulp te kry sodra daar enige tekens is van selfs net lighoofdigheid of kortasemigheid, al is dit teen sy wense. Hy het egter geweier om sy afsprake te verminder. Berigte dat hy prostaatkanker [15] het, is in 2008 in ’n paleisverklaring deur prins Philip ontken. [16][17] Belangstellings
Die wapen van die Hertog van Edinburg vanaf 19 November 1947. Dit bevat elemente van Griekeland en Denemarke, die Mountbatten-familie en die stad Edinburg.
Prins Philip het graag polo gespeel toe hy jonger was, maar het dit intussen laat vaar. Hy neem steeds deel aan perdekar ry, ’n sportsoort wat hy help uitbrei het en waarvoor hy ’n reëlboek geskryf het.[18] Hy was ook ’n ywerige seiljagvaarder. Verder het hy met olieverf geskilder en ander se werke versamel. Dié hang vandag in Buckingham-paleis, Windsor-kasteel, Sandringham House en Balmoral-kasteel. Die versameling bou voort op ’n tradisie van die koningsgesin sedert die 18de eeu.[18] Titels, aanspreekvorm en wapenPrins Philip het in sy lewe verskeie titels gehad. Hy is gebore as ’n prins van Griekeland en Denemarke, maar het voor sy troue van dié titels afstand gedoen. Die dag voor sy troue het hy die aanspreekvorm Sy Koninklike Hoogheid van koning George VI gekry en die volgende dag die titels Hertog van Edinburg, Graaf van Merioneth en baron Greenwich. In 1957 het koningin Elizabeth hom ’n Prins van die Verenigde Koninkryk gemaak. As ’n mens met prins Philip gesels, spreek jy hom die eerste keer as "U Koninklike Hoogheid" aan en daarna as "Sir". Bibliografie
Eksterne skakelsBronne
Verwysings
Questions for article: tekens van beenkanker |
||||||||||||||||||||
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
IHS Europe: Infrared Heating Systems for Home and Business.