|
Article in other languages:
|
Die Vrymesselaars is 'n wêreldwye humanitêre organisasie, met lidmaatskapstoetrede beperk tot mans en deur middel van 'n inlywingsproses. Die belangrikste funksie van 'n vrymesselaar is om betrokke te wees by liefdadigheidswerk, en by gemeenskapsontwikkeling.
Die aard van vrymesselaryDie organisasie van vrymesselary het geheime elemente: sekere aspekte van die interne funksionering van die organisasie is nie openbare kennis nie[1], ten spyte van die aanspraak van die Vrymesselaars dat hulle nie 'n geheime organisasie is nie, maar eerder 'n organisasie met geheime[2][3]. Die private aspekte van die moderne Vrymesselary het te make met elemente van die rituele, asook die metodes van herkenning van medelede binne die ritueel[4][5]. Geskiedenis van die organisasieIn die rituele van die Vrymesselaars word die mite aangehang dat die organisasie begin het met die broederskap van klipmesselaars wat aan die tempel van Salomo gewerk het. Talle boeke is oor die oorsprong van die organisasie geskryf, maar daar is geen duidelikheid oor hoe dit ontstaan het nie. Wat wel bekend is, is dat lidmaatskap in die Skotse losies van die vroeë 1600's, vanaf oorspronklik 'n gilde van werkende klipmesselaars na 'n broederskap van vrywillige verkose lede begin verander het. Die vroegste Vrymesselaars was vry - anders as ander werkers en ambagsmanne wat gebonde was aan die landheer en grond waarop hulle gebore is - weens die gespesialiseerde kundigheid om ingewikkelde steenstrukture soos kerke te bou, en het losies gegaan in 'n tydelike struktuur - óf aangelas aan, óf na-aan die hoofklipgebou. Die eerste grootlosie is gestig in 1717, met die ontmoeting van vier bestaande losies by die "Goose & Gridiron"-taphuis in Londen. Die oudste jurisdiksie in Europa, die groot-ooste van Frankryk is gestig in 1728. Struktuur van die organisasieDie organisasie het geen sentrale struktuur of gesag nie, en elke "jurisdiksie" funksioneer onafhanklik van enige ander, en selfbemagtend. Die topgesag in enige Vrymesselaarsjurisdiksie is die grootlosie, of soms die groot-ooste. Die oppervlaksarea van die grootlosie bepaal of die gebied onderverdeel word in provinsies, distrikte of metropolitaanse gebiede. Die Vrymesselaarslosie'n Losie is die basiese organisasie van die Vrymesselaars. Elke losie moet gewaarborg wees deur 'n grootlosie. Vrymesselaars kom as 'n losie bymekaar, nie in die losie nie. Ander grade, ordes en liggameDie hoogste graad in die Vrymesselary is die agbare meester[6], maar 'n aantal ander organisasies vereis die graad van agbare meester as voorvereiste vir lidmaatskap[7], alhoewel dié organisasies skynbaar slegs bestaan om 'n verskillende perspektief op sommige van die allegoriese, morele en filosofiese inhoud van die Vrymesselary te verkry. Beginsels en aktiwiteiteDie Vrymesselary gebruik rituele om die beginsels van "broederlike liefde, verligting en waarheid" (ook: "buurmanskaplikheid, liefdadigheid en eerlikheid" en, in Frankryk, "vryheid, gelykheid en broederskap") weer te gee.[8]. Hierdie morele lesse word oorgedra in allegoriese rituele opvoerings gebaseer op Bybelgeskiedenis, en die kandidaat vorder só deur die "grade" van die organisasie om meer van homself, sy verhoudings met andere, en sy verhouding met die Opperwese te leer. Die lid woon talle kere dieselfde ritueel by, maar soos wat hy vorder, elke keer vanaf 'n verskillende deelnemersperspektief. LiefdadigheidFondse word binne die lidmaatskap van die Vrymesselary ingesamel, wat dan aan liefdadigheid gaan. Vrymesselaarsliefdadigheid sluit in:
Lidmaatskapsvereistes'n Kandidaat doen aansoek om lidmaatskap by 'n losie in sy gemeenskap. Dié word gereël deur 'n hudige lid te vra om hom aan die losie voor te stel. Nadat die kandidaat die losie besoek het, word hy aanvaar of verwerp as lid deur middel van 'n geheime stemming: enige "swart bal" ('n "nee"-stem) wat tussen die "wit balle" (die "ja"-stemme) in die stemkassie gevind word, diskwalifiseer die kandidaat. Om te kan kwalifiseer as 'n kandidaat, moet die man:
Vroue en die VrymesselarySlegs mans kan Vrymesselaars word. SimbolismeDie winkelhaak en passersimbole word aangetref by alle Vrymesselaarslosies, asook 'n afbeelding van 'n oop boek, die Volume van die heilige wet. In die gees van die geometriese en argitekturale tema van die Vrymesselary, word die Opperwese in rituele dikwels aangespreek as die Groot argitek van die heelal, of die Groot landmeter. Die Vrymesselaars gebruik handgebare (tekens), handgrepe en wagwoorde om toegang tot hul vergaderings te verkry. Kulturele verwysings
Verwysings
Sien ookEksterne skakels
BronVertaal vanaf Freemasonry en klein gedeeltes van Freimaurerei. Questions for article: vrymesselaars, ambagsmanne, die towerfluit van mozart, slobodomurarstvo, vry messelaars, vry messelaars geheime, vrye messelaars, vrye messelaars tekens, vrye messelary, vrymesselaar, vrymesselaar rituele |
This article is from Wikipedia. All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License.
IHS Europe: Infrared Heating Systems for Home and Business.